STILBAAI NUUS - Nege stoere afvaleters het Dinsdagaand, 3 Desember, aan huis van Matthys Streicher in Jongensfontein byeengekom om 'n skaapkopgilde vir Stilbaai en Jongensfontein te stig.
Vir hierdie belangrike vergadering is daar natuurlik vir elkeen 'n skaapkop voorberei en te oordeel aan die tyd wat van hierdie manne by die huis gekom het was dit 'n feestelike affêre.
Sol van der Merwe is as die eerste voorsitter gekies en Matthys Streicher sal dien as ondervoorsitter. Die res van die bestuur sal mettertyd verkies word.
Weens beperkte voorbereidingstoerusting is die ledetal tans beperk tot 25 lede.
Die Skaapkopgilde beoog om elke tweede Donderdag van daardie maand wanneer die Stilbaai Afvalgilde nie 'n ete aanbied nie 'n skaapkopete aan te bied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’