HEIDELBERG NUUS - Quinton Adams, boorling van Heidelberg wat as die Shackbuilder bekendstaan het Sondag, 6 Februarie boumateriaal aan drie gesinne geskenk.
Die gesinne het op 6 Januarie vanjaar al hul besittings verloor toe ’n brand hulle houthuise tot op die grond afgebrand het.
Volgens Vennito van Niekerk, plaaslike opvoeder en gemeenskapsaktivis het hy en ’n paar ander inwoners met Adams in verbinding getree om die slagoffers te help.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'