STILBAAI NUUS - Om jou eerste wedstryd in die SWD se Superliga-A te speel is al klaar moeilik, maar om dit teen die gedugte span van Bridgton op hulle tuisveld te doen moet jy hare op jou tande hê.
Seagulls het Saterdag hulle man gestaan en nooit gaan lê nie, maar hulle besef nou dat in die topliga is die spel heelwat vinniger as waaraan hulle gewoond is.
Die lesse wat hulle geleer het sal goed te pas kom met Progress, van George, wat hulle Saterdag 12 April besoek.
Die Eerstespan het met 52 - 15 die knie gebuig, terwyl die tweedespan met 43 - 12 en die derdespan met 26 - 10 verloor het.
Seagulls ondersteuners het Saterdag die geleentheid om die manne in hulle splinternuwe truie te sien opdraf teen Progress en die spelers het die ondersteuners nodig om hulle deur die wedstryde te dra.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’