STILBAAI NUUS - Die nuwe bestuur vir Stilbaai-sakekamer is tydens hulle algemene jaarvergadering op Dinsdag, 24 Mei aangewys.
Hulle is Jacques Hefer, Tertius Haak, Willie Delport, Estee Jansen, Rachel Wall, Johannes van Zyl, Johan Kok, Maarten Roode en Johan Kriel.
Die nuwe voorsitter, ondervoorsitter, sekretaris en tesourier word eers op 14 Junie gekies.
Die sakekamer het 20% in lidmaatskap gegroei en 18% in ledefooie. Dit verteenwoordig 'n groei in nuwe lede, maar ook kansellasies as gevolg van Covid-19.
Suksesse is met 14 lede se sakekwessies behaal en hulle het ook direk by die Brugmark betrokke geraak.
Die nuwe bestuur is van links: Jacques Hefer, Tertius Haak, Willie Delport, Estee Jansen, Grant Riddles (uitvoerende burgemeester), Rachel Wall, Andrew Stroebel (speaker), Johannes van Zyl, Johan Kok, Maarten Roode en Johan Kriel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'