RIVERSDAL NUUS - Die vroue landbouvereniging het 'n plastiekproppie-projek begin om sodoende die proppies vir 'n rolstoel te verruil.
Dié rolstoel sal aan 'n behoeftige persoon in die gemeenskap gegee word.
Yolanda Prinsloo het besluit dat sy vir elkeen wat 'n sak vol proppies vir haar bring, 'n spekboomstiggie of klein pakkie kruiesaadjies sal gee.
Sy het ook 'n Blikkies vir Jesus-projek begin om gemeenskapsbetrokkenheid aan te wakker, kruie te kweek wat gebruik kan word, aanleer van lewensvaardighede en betrokkenheid by herwinning.
"Elke persoon wat betrokke raak, moet sy eie blikkie verfraai. Die blikkies gaan gebruik word om die kruieplantjies en sade in te plant. Daar is geen kostes aan verbonde nie en dit is 'n goedkoop manier om 'n kruietuintjie aan te lê," het sy gesê.
Enigiemand wat proppies bymekaar maak, kan dit by die plaaslike polisie inhandig vir Yolanda se aandag.
Yolanda Prinsloo verfraai blikkies en maak pakkies met kruiesaad op. Die blikkies is deel van herwinnig.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'