HEIDELBERG NUUS - Die rugbykoors loop hoog in dié rugbymal dorp langs die Duivenhoksrivier.
Heibi se fanatiese ondersteuners is al van vroegoggend besig om hul kampeerplekke vir die belangrike semifinale op te rig.
Klipharde en taai, maar opwindende rugby word vir al drie wedstryde verwag - veral in die hoofwedstryd tussen Heibi en Progress se eerstespanne.
Die eerste wedstryd tussen Grootbrakrivier en Progress se derdespanne skop om 13:00 af, gevolg deur Heibi en Progress se tweedespanne om 14:15.
Die hoofwedstryd tussen Heibi en Progress se A-spanne begin om 16:00.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’