RIVERSDAL NUUS - Gerugte wat in die dorp rondloop dat Riversdal se poskantoor gesluit het, is onwaar. Die poskantoor is steeds oop vir sake.
Daar was wel ’n personeelvermindering.
Die persoon wat die toonbank beman het was siek en die poskantoor was wel verlede week toe omrede daar nie ’n plaasvervanger beskikbaar was om in te staan vir die werker wat weens siekte afgeboek was nie.
Riversdal se poskantoor gaan voort met normale dienste soos altyd, maar met minder personeel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’