RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues het gister skoonskip gemaak teen Riversdal Dorp toe al drie hul spanne oorwinnings behaal het.
Die Steg was volgepak met ondersteuners van albei spanne, en die gees het hoog geloop.
Albei spanne het hul beste spel gelewer, en rugby was uiteindelik die wenner van die dag.
Uitslae:
- Riversdal Blues A-span 35 - Dorp 20
- Riversdal Blues B-span 61 - Dorp 7
- Riversdal Blues C-span 28 - Dorp 10