Update Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO Effektiewe en deurlopende watervoorsiening binne die bedieningsgebied van Hessequa het 'n hupstoot deur die plaaslike munisipaliteit gekry met die opknapping en herstel van een van sy vyf reservoirs.
Die reservoir langs die N2-snelweg net buite Riversdal is teen 'n koste van R6.1 miljoen deur Spec-Con Engineering herstel.
Uitvoerende burgemeester Grant Riddles, bygestaan deur speaker Andrew Stroebel het Donderdag, 3 September die nuut oorgeboude reservoir amptelik geopen.
Riddles het in sy openingstoespraak gesê die munisipaliteit is 'n omgee-munisipaliteit en streef na uitstaande dienslewering. "As ons nie herstelwerk aan die reservoir gedoen het nie, sou dit inmekaar geval het," het hy bygevoeg.
Kyk 'n video hieronder:
Didi Budricks, munisipale kommunikasiebeampte het verduidelik dat die herstelwerk vyf maande geduur en op 16 Maart 'n aanvang geneem het.
Die reservoir word vanaf die Korentepoort-besproeiingsraad gevul na die water deur Riversdal-waterwerke gesuiwer is. Dit het 'n kapasiteit van 5.8 megaliter
Konstruksie het ingesluit die vervanging van die betondak met 'n houtstruktuur dak. Die betonmure is met 'n betonmengsel en spesiale seëlprodukte opgevul om die bestaande staal te beskerm.
Kolomme en balke binne die struktuur is herstel met 'n spesiale seëlproduk om die lewensduur van die reservoirdak te verleng.
Rdl Grant Riddles, Andrew Stroebel, raadslede, amptenare en personeel van Spec-Con Engineering voor die reservoir tydens die opening.
Vorige artikel: Water gaar weer op in reservoir
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'