Gallery Update Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO'S - Die waarskuwing deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens op Dinsdag, 4 Mei dat erge reën en weerstoestande die volgende paar dae in die Wes- en Suid-Kaap verwag kan word, was nie om dowe neute nie.
Berigte van wolkbreuke, hael so groot soos gholfballe en sterk wind is van oral ontvang, ook vanuit die Hessequa-streek.
Fotogalery: Stormskade op Gourits
Jongensfontein
'n Gedeelte van Hoofweg ingesak en was dit vir 'n tyd lank vir verkeer gesluit. Sand in strate moes met 'n padskraper weggeskraap word.
Volgens 'n inwoner, Franza de Kock is tot 105mm in Rowwekliplaan gemeet. Elza Thiart-Botes het laat weet dat daar beslis huise is waardeur die water is.
Dele van Stilbaai het ook onder 'n wolkbreuk deurgeloop, maar met ter perse gaan is geen berigte van skade ontvang nie.
Kyk 2 video's hieronder:
Gouritsmond
In Gouritsmond het dit nie veel beter gegaan nie. Antoinette Jordaan het gesê dat hulle in 'n baie kort tydjie ongeveer 50mm reën gehad het wat soos 'n wolkbreuk neergesak het. "Die groot haelkorrels en sterk wind het erge skade aangerig en van die paaie het soos riviere gelyk."
Teen 15:00 het die reën effens bedaar.
Kyk 'n video hieronder van Elza Thiart-Botes in Jongensfontein:
Heidelberg
Volgens Clive Pretorius op Heidelberg was hy nie bewus van enige groot skade op dié dorp nie. Dit is ook nie bekend of ander dorpe in Hessequa deurgeloop het nie.
Die weerdiens het egter ook gewaarsku dat die see oral onstuimig met groot golwe gaan wees en dat kleiner bote moet probeer om skuiling in hawens en inhamme te soek. Die kans dat van die strande gesluit kan word, is ook nie uitgesluit nie. Inwoners word gemaan om voorsorg te tref vir oorstromings.
In Jongensfontein moes van die paaie oopgeskraap word. Foto: Elza Thiart-Botes
Baie van die paaie in Gouritsmond het soos riviere gelyk.
Die haelkorrels op Gourits was so groot soos gholfballe.
Groot skade is in Gourits deur die hael en wind aangerig.
Vorige artikels:
- Diensonderbrekings weens ongure weer
- Ook Malgas spring nie vry nie
- Albertinia loop ook deur
- Gouritsmond en Stilbaai onder water
- Hewige storm tref dele van Tuinroete
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'