Gallery Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Gouritsmond was vandag, Woensdag 5 Mei, binne ‘n kwessie van minute onder water en het die paaie soos riviere gelyk.
Volgens inligting het hael groter as gholfballe nie net in die dorp geval nie, maar ook in die buitewyke en op plase.
“Die erge reën het met erge wind gepaard gegaan en sover ons kan sien is baie skade aangerig,” het Antoinette Jordaan van Gouritsmond gesê.
Sy het bygevoeg dat ongeveer 50mm tot op hede geval het.
Fotogalery: Stormskade in Gourits
Jongensfontein en Stilbaai het ook onder ‘n wolkbreuk deurgeloop.
Kyk video's hieronder.
Stilbaai:
Jongensfontein:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'