Gallery Video
TUINROETE NUUS EN VIDEO'S - 'n Laedrukstelsel wat oor die Wes-Kaap beweeg sal vanaf vandag tot môre reën, sterk wind en rowwe seetoestande tot gevolg hê.
Inwoners van Gourits het foto’s op sosiale media gedeel van haelkorrels wat groter is as 'n R5-muntstuk.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê in 'n verklaring dat sporadiese, swaar reënval oor die Overberg-streek, die Tuinroete en dele van die Kaapse Wynlande sal neersak.
Volgens die weerdiens sal 30–50 mm reën binne 24 uur val terwyl dele van die Overberg soveel as 60–100 mm reën te wagte kan wees.
Fotogalery: Stormskade op Gourits
Kyk 2 verskafde video's hieronder:
Inwoners van Gourits het foto's op sosiale media gedeel:
Stormskade op Gourits.
Hewige reën in Gourits.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'