Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO'S - Die Sonderendrivier is in vloed en veroorsaak dat die Breederivier in die Malgas-distrik onder Kambati sy walle oorstroom.
Volgens ‘n inwoner, Donovan McPherson is die paaie so te sê onbegaanbaar.
Nog ‘n inwoner, Dax Hunt se voertuig het in ‘n diep gat waar die pad meegegee het, beland. Hy het gelukkig ongedeerd daarvan afgekom.
Inwoners word gevra om liefs nie die paaie aan te durf nie en voorsorgmaatreëls te tref ingeval die rivier nog sterker afkom.
Niemand moes tot dusver ontruim nie.
Meer inligting volg sodra bekend.
Kyk video's hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'