Die bakkie het weggejaag met die blitspatrollie agterna.
Volgens inligting het die bestuurder van die verdagte voertuig by die Gourits brug beheer oor die bakkie verloor en deur bosse gejaag waarna die voertuig tot stilstand gekom het. 'n Onbekende getal verdagtes het uitgespring en weggehardloop.
Lede van die Langeberg K9-honde-eenheid het die gebied met snuffelhonde nagegaan.
'n Spoor is vir 2km gevolg wat weer na die N2 teerpad gelei het.
Nog geen verdagtes gearresteer nie.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'