STILBAAI NUUS EN VIDEO - As deel van hulle fondsinsameling vir die klaskamerprojek het Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai 'n pretvolle Colour Run aangebied.
Bykans 300 drawwers en stappers het deelgeneem; klein kindertjies, jong kinders, groot kinders, jongmense, pa's en ma's, oupas en oumas en selfs ook honde met een ding in gemeen, en dit was hope veelkleurige pret.
Selfs voor almal weggespring het, was almal reeds vol poeierkleurstof. By die wegspring het die organiseerder, Mariska van Wyk hulle behoorlik met poeierbomme bestook. Langs die roete het besighede ook seker gemaak dat die drawwers met die borg se kleure bestook word.
Die pragtige roete het by die rugbyveld begin, oor die bult hawe se kant toe, regs na Morrispunt en vandaar strandlangs tot by die visvywers, waarna hulle padlangs terug na die rugbyveld is.
VIDEO - PRETDRAF IN 'N FEES VAN KLEUR:
NOG FOTO'S:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'