STILBAAI NUUS - Die eerste aksierolbal toernooi vir 2025 begin Donderdagaand die 13de Februarie en daarom het Michelle Smit besluit om 'n lusmaker te reël.
Die top sewe spanne van 2024 het meegeding teen sewe spanne van die klub in 'n aand van pret Donderdagaand die 23ste Januarie.
Die klubspelers se reputasie was op die spel en die sosiale spelers wou weer van hulle kant af die klubspelers 'n ding of twee leer en dit het gelei tot goeie rolbal.
Nieteenstaande die sterk wind was die kompetisie baie straf, maar uiteindelik was dit die sewe aksierolbal spanne wat met die kous oor die kop huistoe gestuur is.
Dup van Renen, president van die Stilbaai-rolbalklub, sê dat Michelle Smit, organiseerder van die toernooi, 'n baie goeie ding begin het en hy voorsien dat dit 'n jaarlikse instelling sal word.
Dup het ook die Oracle Refurb span bedank vir hulle borgskap van 'n heerlike braaivleis ete na die aand se spel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’