RIVERSDAL NUUS - Hessequa-munisipaliteit het, in samewerking met Kruisrivier en Voorwaarts Primêre skole ‘n modeparade op 16 Februarie in Thusong-veeldoelige sentrum aangebied.
Die geleentheid was om ‘n bewusmaking van herwinning by die leerders te kweek en hulle op te voed.
Die leerders, onder leiding van me. Alida Duminy, opvoeder van Kruisrivier, het die gehoor met hul prag modeskeppings betower.
Die skole bedank mnr. Aldu Duminy vir sy waardevolle insette.
ARTIKEL: KEITH EKSTEEN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'