HEIDELBERG NUUS - Die bekroonde pianis en orrelis, Elna van der Merwe, is vanjaar as die feeskunstenaar by die sesde Hessequa Harmonie-kunstefees aangewys.
Sy was betrokke by verskeie produksies en het gehore betower met haar vertonings in "Romantique," die ATKV-galakonsert, en "Piekniek Klassiek" by die Dasjesdrift-plaaswerf.
Van der Merwe het 'n verskeidenheid ander toekennings ontvang, tree gereeld as beoordelaar by musiekkompetisies op, en het 'n aantal CD's en DVD's saam met verskeie kunstenaars vrygestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’