RIVERSDAL NUUSFLITS - Een persoon is in ‘n motor vasgekeer nadat die bestuurder waarskynlik beheer oor die voertuig verloor het.
Die voorval het ‘n rukkie gelede op die N2 omtrent 5 km buite Riversdal in die rigting van Heidelberg gebeur.
Nooddienste is op die toneel.
Die pad is oop vir verkeer, maar motoriste word gemaan om versigtig te wees.
Geen verdere inligting is bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'