Update
HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het op 22 Mei amptelik afskeid geneem van een van hul mees passievolste lede vir die afgelope bykans 20 jaar.
Leon Page, bekende gemeenskaps-vrywilliger en dwelmaktivis kan as gevolg van swak gesondheid nie meer so aktief in die veeleisende hoedanigheid diens verrig nie.
Hy het vir die afgelope paar jaar as voorsitter van die GPF gedien. Hy was ook as berader by die traumakamer betrokke en is bekend as 'n vegter teen drank en dwelmmisbruik.
Die afskeidsverrigtinge is met 'n ete in die plaaslike hotel gehou, waartydens hy met sertifikate van verdienstelikheid vir sy dienste aan die GPF en traumakamer vereer is.
Sy vrou, Dottie, en hul twee dogters, Elvira en Franzelle het hom vergesel. Heidelberg-polisie se stasiebevelvoerder, lt.kol. Jeremy Lewak, kapt. Mervyn Zana, asook Mike Pepper, nuutverkose voorsitter het ook die verrigtinge bygewoon.
Ao. Alroy Windvogel het as seremo-niemeester opgetree.
Page het almal teenwoordig bedank vir hul ondersteuning deur die jare. Hy het hulle ook aangemoedig om voort te gaan om die gemeenskap onbaatsugtig te dien.
Lauren Green, hulp maatskaplike werker en plaaslike sanger het verskeie liedjies aan hom en die aanwesiges toegewy.
Lees 'n vorige artikel: Bekende lê die tuig neer
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'