HEIDELBERG NUUSFLITS - Die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het op 22 Mei amptelik afskeid geneem van een van hul mees passievolste lede.
Leon Page, bekende gemeenskapsvrywilliger en dwelmaktivis kan as gevolg van swak gesondheid nie meer so aktief in die veeleisende hoedanigheid diens verrig nie.
Die afskeidsverrigtinge is met ’n ete in die plaaslike hotel gehou, waartydens hy met sertifikate van verdienstelikheid vir sy dienste aan die GPF en traumakamer vereer is.
Page het almal teenwoordig bedank vir hul ondersteuning deur die jare.
Lauren Green, hulp maatskaplikewerker en plaaslike sanger het verskeie liedjies aan hom toegewy.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Leon Page saam met sy twee dogters, Elvira en Franzelle langs hom, met sy vrou, Dottie heel regs. Agter staan Mike Pepper, GPF-voorsitter heel links, met lt.kol. Jeremy Lewak heel regs en ander polisielede en rolspelers wat die verrigtinge bygewoon het. Foto: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'