Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Nóg weldoeners het na vore gekom nadat hulle in Suid-Kaap Forum en op ons webtuiste gelees het van Moos se liefde vir sy Jasmine; dat dit selfs na 31 jaar se saamwees 'n liefdestaak is om haar elke dag 15 km ver werk toe te vat - per fiets.
'n Egpaar van die dorp het besluit om dié takie van die 52-jarige Moos effens te verlig en het aan Jasmine 'n pragtige damesfiets geskenk, met 'n bypassende fietsvalhelm.
"Dit is vir ons hartseer dat so min mense uit ons eie dorp na vore gekom het om hulle te help," het die man gesê toe hy die fiets na die koerantkantore gebring het.
Van die plaaslike skenkers wat items geskenk het om Moos se ou fiets te herstel, is Jackson's Motoronderdele, Chris van Schalkwyk (jr.) en CCC Traders.
Moos se fiets is deur Graham Hecter van België geskenk en Adéle van Jaarsveld van Hartenbos het ook verskeie fietsbenodigdhede aan die paartjie gegee.
Jasmine se fiets is Maandag 8 Oktober aan haar oorhandig en Suid-Kaap Forum het haar en Moos die middag op die N2 onderweg na Soetmelksrivier gekry, waar Moos op die plaas werk en hulle woon, fluks aan die trap op hul nuwe fietse!
Moos en Jasmine staan trots by die fietse wat aan hulle geskenk is. Bo: Moos Louw met die sak wat deur Jacksons Motoronderdele geskenk is. Foto's: Wilma Adamson.
Kyk 'n video hieronder:
Lees vorige artikels hier:
- Onbekende vreugde oor nuwe fiets
- Moos en Jasmine kry hulp uit alle oorde
- Moos en Jasmine raak harte aan
- Liefde is... om jou vrou op 'n fiets werk toe te ry
- Liefde is om fiets te trap vir jou vrou
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'