Video
RIVERSDAL NUUSFLITS EN VIDEO - Om jou vrou amper 15 kilometer met 'n fiets werk toe te vat, al die pad terug te ry na die plaas waar jy werk en vanmiddag haar weer te gaan haal, is werklik bewonderingswaardig.
Moos Louw en Jasmine September is al 31 jaar saam en hulle het vyf kinders, waarvan twee oorlede is.
Lewenskoste is duur en met twee kinders nog op skool, moes Jasmine uitspring en gaan werk.
Sy het werk as bakster op Riversdal gekry en Moos sien nie kans dat sy alleen daarheen loop nie.
En wanneer die fiets stukkend is, stap hy al die pad saam met haar en weer terug...
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'