Update Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die 52-Jarige Moos wat sy saamleefmaat van 31 jaar elke dag met sy fiets 15 kilometer ver na Riversdal neem waar sy werk, terugry na die plaas waar hy werk en haar die middag weer gaan haal, het 'n oorweldigende reaksie op Suid-Kaap Forum se Facebook-blad en webtuiste ontlok.
Heelwat weldoeners het na vore gekom om die ryery vir hom te vergemaklik.
Hoewel die paartjie nog niks konkreets ontvang het nie, het verskeie mense hulle verbind om items te skenk soos fiets valhelms, glinsterbaadjies, fietsbinnebande en selfs ‘n nuwe saal.
Die moontlikheid van ‘n nuwe fiets is ook nie uitgesluit nie.
Kyk 'n video hieronder:
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'