In 2009 het Kobus Meyer se pampoen op 145kg ingeweeg, in 2010 het Brand se pampoen 212kg ingeweeg, in 2011 het Chrisjan Gunter se pampoen met 'n gewig van 282kg gewen en verlede jaar het Pinkie Swart 'n rekordgewig behaal met sy pampoen van 353.5kg.
Brand se pampoen het vanjaar die skaal na 379kg getrek en hy het 'n tweede plek op Durbanville behaal by Shoprite Checkers groot pampoenkompetisie.
Die Suid-Afrikaanse rekord is 417.5kg. Vyf of ses van die swaarste pampoene is Vrydag na Kaapstad waar hulle by Freshmark Checkers beoordeel word. Hierdie jaar was daar 30 inskrywings en elke jaar raak die pampoene al swaarder en die aanvraag al groter.
Daar word beoog om meer mense te betrek om ook pampoenpitte te plant. Swart was tweede met sy pampoen wat 341.5kg geweeg het en Chrisjan Gunter derde met 318.5kg. Peter van der Poll het die prys gekry vir die lelikste pampoen en Janet Meyer vir die mooiste pampoen.

Mooi van lelikgeit... Peter van der Poll het die prys vir die lelikste pampoen gekry.

Vic Brand met sy wenpampoen.