Die oorledene, Sucdi Yusaf-Ali, was na bewering een van vyftien Somaliese burgers in die bakkie, waaronder daar vier vroue, tien kinders en een man (die bestuurder) was.
Volgens kapt Bernadine Steyn, Suid-Kaap polisie woordvoerder, was die insittendes van die bakkie op pad na George toe die bestuurder van die bakkie 'n wit trok met twee sleepwaens op die N2 by die Karringmelks-afdraai, sowat 20km voor die dorp wou verbysteek.
Al 14 beseerdes is na die hospitaal op Riversdal geneem, waarna twee van die kinders met veelvuldige beserings per lugambulans na die George hospitaal oorgeplaas is. Teen saktyd was al die beseerdes nog in die hospitaal opgeneem. 'n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.

Die bandmerke kan duidelik gesien word op die N2.
ARTIKEL EN FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'