Gallery Update Video
VERMAAKLIKHEID NUUS EN VIDEO - Die brand in dié streek is steeds nie onder beheer nie.
Blykbaar het nog ‘n huis afgebrand, asook ‘n paar store, volgens Kobus Crous van Mosselbay Helicopters, wat ook help om die vuur te beveg.
Dit kon nog nie amptelik bevestig word nie.
“Die wind en rook maak dit nie maklik nie,” het Crous aan Nickey le Roux van Mosselbaai Advertiser gesê.
Die feit dat dit baie bebos is by baie van die huise, verhoog die brandgevaar en bemoeilik die brandbestryders se taak.
Intussen het die Garden Route distriksmunisipaliteit bevestig dat daar teen 16:00 7 huise afgebrand het.
Geen lewensverlies is aangemeld nie, maar ‘n vrou en haar twee kinders het hul huis ontruim. Die pa het agtergebly om hul eiendom te beskerm.
Kyk 'n video hieronder:
Lees vorige artikels hier:
- Brand onstaan op Grootvaderbosch
- Dit brand nie op Heidelberg
- 2 Brande is eintlik 1
- Dit brand ook op Heidelberg
- Brand opvolg in Hessequa
- Huis in vlamme
'Ons bring jou die nuutste Vermaaklikheid, Hessequa nuus'