Update
HESSEQUA NUUS - ’n Brand het vroeër vanmiddag ook buite dié dorp op Grootvadersbosch ontstaan.
Volgens inligting deur Adneshell Voss, hoof: beskermingsdienste is CapeNature en van die boere op die toneel.
Die brand by Vermaaklikheid woed steeds voort. ’n Inwoner van Vermaaklikheid, John Thorne het aan Suid-Kaap Forum gesê dat die erge droogte die afgelope jaar sake vererger.
George-munisipaliteit, WoF, Garden Route-distriksmunisipaliteit en Hessequa-brandweer is op die toneel.
33 Personeellede van Wof, 12 van Garden Route, 4 van Hessequa, 3 van George en 8 persone van Goukou-plaaswag help om die brand onder beheer te kry.
Meer inligting volg sodra bekend.
Lees vorige artikels hier:
- Dit brand nie op Heidelberg
- 2 Brande is eintlik 1
- Dit brand ook op Heidelberg
- Brand opvolg in Hessequa
- Huis in vlamme
'Ons bring jou die nuutste Vermaaklikheid, Hessequa nuus'