STILBAAI NUUS - Die OVK het dit maklik gemaak vir bejaardes om sommer by hulle ouetehuise te stem.
Die 102-jarige Inus van Rooyen van Carewell in Stilbaai het egter besluit hy sal sy stem gaan uitbring by die Gemeenskapsaal en daar was aan hom geen keer nie.
Sy lewenspassies is diens aan sy Skepper, gesin, kerk, volk en vaderland.
So ses jaar gelede het hy sy motorsleutels aan sy dogter, Hanlie, gegee en gesê dat hy nie meer gaan bestuur nie, maar gelukkig woon sy ook in Stilbaai en kom hom tot by die stemlokaal bring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’