Update
WITSAND NUUS - ‘n Persverklaring deur Hessequa-munisipaliteit is Vrydagmiddag vrygestel na aanleiding van die berig 'Kommer oor ontsoutingsaanleg' in Suid-Kaap Forum dieselfde dag.
Volgens die verklaring noem die munisipaliteit dat die ontsoutingsaanleg gedurende Desember nie in werking gestel was nie omdat 'n bestaande boorgat, asook Overberg Waterraad voldoende water gelewer het om Witsand gedurende die vakansieseisoen van water te voorsien.
“Die elektriese kostes by die aanleg is hoog en daarom sal dit slegs in werking gestel word gedurende krisistye en vakansies.”
LEES MEER: Kommer oor ontsoutingsaanleg
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'