HESSEQUA NUUS - Heelwat ongelukke het gedurende September op die N2 vanaf Albertinia na Riversal plaasgevind.
Dit was veral Sondag 23 en Dinsdag 25 September wat die ongelukstatistieke op dié pad die hoogte ingeskiet het.
Suid-Kaap Forum het in verlede week se uitgawe op ons voorblad berig van die ernstige ongeluk Dinsdag waar drie jongmans oorlede en een ernstig beseer is, asook 'n vrou wat Sondag raakgery en nog vier persone wat ernstig beseer is in afsonderlike voorvalle.
Ander botsings en ongelukke wat Dinsdag plaasgevind het, was die oggend toe 'n Toyota Hilux 'n bok getref het, ongeveer 15 km buite Albertinia, rigting Mosselbaai; laatmiddag het 'n Toyota Hino-trokkie ongeveer twee km buite Albertinia vir 'n dier uitgeswaai, die pad verlaat en in sagte sand vasgesit en dieselfde aand, ongeveer 22:00 was drie voertuie in 'n botsing betrokke.
Dit het ook 15 km buite Albertinia, rigting Riversdal plaasgevind en al drie voertuie moes van die toneel weggesleep word.
Motoriste word gemaan om versigtig te bestuur, by die spoedgrens te hou en ander motoriste in ag te neem. Kom eerder laat as nooit by jou bestemming aan.
Die bakkie het 'n bok getref.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'