RIVERSDAL NUUS - Die eerste uitdunronde van die ATKV-redenaars het onlangs by Laerskool George-Suid plaasgevind.
Hoër Landbouskool Oakdale se leerders, Malan van Aard (gr. 9), het aan die Afrikaanse Huistaal onvoorbereide toesprake deelgeneem en Duan Rautenbach (gr. 10) het aan die Afrikaanse voorbereide toesprake deelgeneem.
Beide van hulle het deurgedring na die Suidoos-Kaap halfeindstryd, wat op 31 Mei by Hoërskool Nico Malan plaasvind.
Die skool is trots op die Bulle.
Duan Rautenbach (gr. 10) het aan die Afrikaanse voorbereide toesprake deelgeneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’