STILBAAI NUUSFLITS - Daar is begin om die geteerde parkeergebied rondom Stilbaai se Fynbos-sentrum met plaveisel te vervang.
Omrede dit besighede in dié winkelkompleks direk raak, het die plaaslike sakekamer betrokke geraak en in samewerking met die eienaars, Anglo African Estates, asook die kontrakteurs die beste moontlike skedule uitgewerk sodat kliënte en besighede minimale ongerief hoef te verduur.
Die eienaars vra vir almal se geduld en samewerking.
Elke fase se parkeerarea word opgedeel in kleiner blokke wat een vir een afgebaken en eers voltooi word voor daar met die volgende blok begin word.
Geen werkery word tydens die besige Desember-vakansie beplan nie.
Meer inligting oor die verskillende blokke van die fases waarin die werk sal plaasvind, is beskikbaar by www.stilbaaibusinesschamber.co.za
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'