HEIDELBERG NUUS - Vyf jongmanne van hier het Maandagmiddag, 11 Mei, ongeveer 16:35 ’n baie noue ontkoming gehad, toe die wit VW Golf waarin hulle gery het, in ’n betonpilaar onder die brug vasgejaag het.
Dit blyk dat die bestuurder van die voertuig, ’n ander motor op die draai onder die brug wou verbysteek en sodoende beheer op die nat pad verloor het.
Toe die polisie op die toneel opdaag, het al vyf insittendes die toneel verlaat.
Volgens sers. Keeno Fredericks, plaaslike mediabeampte, was daar glo geen noemenswaardige beserings nie.
Fredericks het bygevoeg dat daar geen klagtes teen die bestuurder gemaak is nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’