SLANGRIVIER NUUS - Die dorp is weereens geruk met die tragiese dood van 'n pa van vier nadat hy Vrydagaand 4 Oktober glo met 'n mes gesteek is.
Die oorledene Martin "Denat" Hartnick (56) het Saterdag in die vroeë oggendure in die Riversdal Hospitaal aan sy steekwonde beswyk.
Volgens sersant Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, is die aanvanklike klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer na moord verander nadat die slagoffer aan sy wonde beswyk het.
Die 38-jarige beskuldigde is in hegtenis geneem en het Maandagoggend 7 Oktober op 'n aanklag van moord in die hof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’