Update
RIVERSDAL NUUS - Die 17-jarige Bailey Lotterie, van Stilbaai, se wenwerk in die tekenkunskategorie is aangewys as die algehele wenner van die Inheems-tienerkunskompetisie.
Dié projek is aangebied deur die Gouritz-groepsbiosfeer-reservaat (GCBR), Hessequa-kunsroete en Hessequa-biblioteke.
In dié swart-en-wit-tekening versmelt sy die mens en die omgewing op treffende wyse – gekenmerk aan die onskuld van 'n meisie en die skoonheid van die natuur.
Die blommekrans omhels die biodiversiteit van ons streek se fynbosprag. In die krans is daar onder meer malvas, woestynrosies, sterretjies, bobbejaantjies, gladioolblomme, vytjies, rankertjies en 'n takkie spekboom. Die blommekrans verteenwoordig karaktersterkte, getrouheid, morele integriteit en die viering van herinneringe.
Altesaam 150 inskrywings (in die vier afdelings - grafiese kuns, fotografie, skilder en teken) is op 25 Oktober by die burgersentrum op Riversdal uitgestal, waartydens die wenners bekroon is.
Andrew Stroebel (links), speaker van Hessequa-munisipaliteit, Deborah Lotterie (trotse ma), Bailey Lotterie (algehele wenner) en Louis Kluyts (voorsitter van die Hessequa-kunsroete). Foto: Nikki du Toit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’