RIVERSDAL NUUS - Biodiversiteit is die fokus van vanjaar se Inheems-tienerkunskompetisie.
Dié projek, aangebied deur die Gouritz-groepsbiosfeer-reservaat (GCBR), Hessequa-kunsroete en Hessequa-biblioteke, se doel is om belangstelling in die simbiose tussen die mens, natuur, diereryk en die omgewing aan te wakker.
Die streek se hoërskoolleerders van 13 tot 19 jaar kon in die afdelings tekenkuns, skilderkuns, fotografie en grafiese ontwerp deelneem.
Al die werke in al vier afdelings word op 25 Oktober by die burgersentrum uitgestal.
Die uitstalling open halftwee die middag en duur tot seweuur die aand. Die prestige-prysuitdeling begin sesuur.
Amy Crow (16) Albertinia
Johannes Nothnagel (18) Riversdal
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’