HEIDELBERG NUUSFLITS - Werkers by ’n plaaslike myn buite die dorp het onlangs ’n fondsinsamelingsfunksie gehou met die doel om bewusmaking oor kanker te kweek.
Sr. Desiree van Deventer van die plaaslike kliniek en Percival Davids (35), ’n werker wat ’n tydjie gelede met Hodgkins Lymphfoma gediagnoseer is, was van die gassprekers.
Van Deventer het ’n kort oorsig van kanker gegee. Percival het vertel hoe hy as ’n kankerlyer voel.
Die aand is met heerlike versnaperings afgesluit.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'