HESSEQUA NUUS - Herman Myburgh, of meer bekend as die ‘waterman’, bestuurder van Korentepoortdam en -oord het besluit dat dit na 16½ jaar tyd is om die tuig neer te lê.
Louis van Dyk het reeds vanaf 1 November vanjaar die leisels by hom oorgeneem. “In die tydperk was daar lekker tye en ook moeilike tye, soos nou met die droogte,” sê hy. “Dit was ’n wonderlike reis en ek het nie een dag daarteen opgesien om op te staan om te gaan werk nie.”
Hy bedank al die besproeiers (boere) en munisipale amptenare vir hul goeie samewerking. “Ek is ook dankbaar vir al die jare se goeie saamwerk met die personeel by die dam en vakansieoord.”
Wat sy toekomsplanne betref, wil hy eers bietjie rus. “Dit is eintlik my tweede aftrede, want ek het op vroeë pensioen by ABSA gegaan, waar ek takbbestuurder was.
Die voorsitter van die besproeiingsraad, Zagie van As het my egter genader om aansoek te doen vir die pos by die Korentepoortdam en die res is geskiedenis.”
Hy en sy eggenote, Marleen beplan wel om vroeg in die nuwe jaar vir hul kinders, Bertus en Christa, albei in Australië te gaan kuier.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'