Update
HEIDELBERG NUUS - Die waterprobleem op Heidelberg geniet dringende aandag.
Dit is volgens Didi Budricks, hoof: Openbare betrekkinge en administrasie by Hessequa-munisipaliteit.
“Overberg Water verskaf die drinkwater wat deur die munisipaliteit aan Heidelberg, Slangrivier en Witsand voorsien word en hulle ondervind reeds die afgelope paar maande probleme by hul watersuiweringsaanleg.”
Verdere ondersoek het getoon dat Overberg Water se reservoir tans op 20% staan, met gevolg dat slyk binne die retikulasie netwerk beland het.
Die munisipaliteit se tegniese departement het die retikulasie netwerk van die geaffekteerde areas gespoel en Maandag, 17 Januarie ook die reservoirs skoongemaak.
LEES MEER: Bruin water steeds 'n kopseer
Overberg Water het aangedui dat hulle vandag (Dinsdag, 18 Januarie) hul reservoir gaan skoonmaak.
Die munisipaliteit bied verskoning aan vir die ongerief en bedank inwoners vir hul begrip.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'