RIVERSDAL NUUS - Die verkope van nuwe motors is landwyd besig om weer mooi te klim, volgens die motorhandelsakeraad Naamsa.
Dit ondanks die "chaos" op internasionale markte weens die Russiese inval in Oekraïne, wat 'n groot inpak het op die vervaardiging en uitvoer van elektroniese motoronderdele.
Die groot oorstromings in KwaZulu-Natal het natuurlik 'n negatiewe impak op 'n motormaatskappy soos Toyota se verskaffing van nuwe voorraad.
Maar hoe lyk die situasie vir motorhandelaars in Hessequa, en meer spesifiek op Riversdal?
Vind uit wat die plaaslike motorhandelaars hieroor te sê het in die week se Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'