Update
STILBAAI NUUS - Jaqueline Pieterse se familie kry nog steeds geen afsluiting nie.
Jaqueline se lewelose liggaam is op 6 Maart vanjaar in bosse digby Melklhoutfontein gevind en Stilbaai polisie het onmiddellik aan die werk gespring om die skuldige op te spoor.
Met uitstekende ondersoekwerk is 'n verdagte alreeds die volgende dag gearresteer en later aangekla vir die moord.
Vorige hofverskynings is uitgestel omdat daar nie 'n tolk beskikbaar was nie en ook vir verdere ondersoek.
Die saak is weereens uigestel op Vrydag 21 Junie vir verdere ondersoek, heel waarskynlik omdat daar gewag word vir forensiese verslae.
Die 37-jarige Lefu Kanapi sal nou weer op 19 Julie 2024 in die hof op Stilbaai verskyn.
Haar familie, wat ook teenwoordig was in die hofsaal, soek net geregtigheid en berusting, maar hulle verstaan dat deeglike ondersoekwerk lei tot 'n waterdigte saak en hulle berus daarby.
Vorige artikel:Moordsaak in Stilbaai weer uitgestel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’