STILBAAI NUUS - Die hofsaak teen Lefu Kanapi, wat aangekla is vir die moord op Jaqueline Pieterse van Melkhoutfontein is weereens uitgestel.
Jaqueline se lewelose liggaam is Woensdag 6 Maart in bosse net buite Melkhoutfontein gevind.
Kanapi is binne 'n dag deur Stilbaai se speurtak in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.
Die saak is by 'n vorige geleentheid uitgestel aangesien daar nie 'n tolk teenwoordig was nie.
Vandag 17 Mei is dit weereens uitgestel tot 21 Junie 2024 vir verdere ondersoek en terugvoer deur die NVG.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’