Update
ALBERTINIA NUUS - Die verdagte in die moord op Sharon Lee Bester, Johannes Bangiso, sal vandag (Donderdag 9 November) weer in die plaaslike landdroshof verskyn.
Hy het vir die eerste keer op Donderdag 2 November vir regshulp verskyn.
Bangiso het in aanhouding op Mosselbaai gebly tot vandag.
Die 52-jarige Bester is Saterdag 28 Oktober dood in haar huis op die plaas Zout van die Aarde in die Albertinia-distrik gevind. Daar is oorspronklik vermoed dat sy 'n beroerte gehad het, maar 'n nadoodse ondersoek op 1 November het bevestig dat sy verwurg is.
Bangiso (20) was 'n werknemer op die plaas.
'n Privaat verassingsdiens vind Vrydag 10 November op Riversdal plaas, met 'n byeenkoms vir familie en vriende die volgende dag op die plaas.
Brig. Gerhard Jantjies van Da Gamaskop-polisie het die speurders van Albertinia-polisie geprys vir hul knap speurwerk deur die verdagte te arresteer, selfs nog voor die uitslag van die lykskouing bekend was.
"Hulle het moed en deursettingsvermoë getoon en onverpoosd gewerk om te verseker dat die verdagte vasgetrek word," het hy gesê.
Jantjies het gerugte weerlê dat dit 'n plaasaanval was omdat die verdagte op dieselfde plaas bly.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'