HEIDELBERG NUUS - Die saak teen Virgil Pretorius is Vrydag 15 September tot 13 Oktober uitgestel.
Pretorius word aangekla van die moord op Candice Alberts (33).
Hy is meegedeel dat die direkteur van openbare vervolging (DOV) besluit het dat die saak ná sy verskyning op 13 Oktober na die rondgaande hooggeregshof op Swellendam oorgeplaas sal word.
Volgens die landdros, Liticia Freeman, het die staat die DNS bekom en sal die datum vir die verhoor op Swellendam met sy laaste verskyning op Heidelberg aan hom en sy regsverteen-woordiger verskaf word.
Hy bly in Buffeljags-gevangenis in aanhouding tot sy volgende verskyning.
Lees vorige artikels:
• Moordsaak word weer uitgestel
• Moordsaak weer uitgestel
• Moordeverdagte weer in hof
• Moordebeskuldigde se borg geweier
• Vrou se lyk gevind: Borgaansoek uitgestel
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'