RIVERSDAL NUUS - Om Wêreld-hardopleesdag te vier het leerders van Hoërskool Langenhoven na Molenrivier Primêr uitgereik om voorlesing vir die onderskeie klasgroepe te doen.
Leerders het dit terdeë geniet en het met groot entoesiasme geregeer op die vrae wat gevra is.
'n Verdere hoogtepunt was die besoek van spanlede van Working on Fire wat vanuit George gereis het om tyd met die leerders te bestee en in Engels voor te lees.
Een ding is gewis: Molenrivier-leerders sal Wêreld-hardopleesdag 2023 altyd koester. Skoolpersoneel en leerders het hul dank en waardering uitgespreek teenoor al die betrokkenes wat glans aan die dag verleen het.
Hardopleesdag word jaarliks in meer as 173 lande gevier. Mense word verbind deur saam hardop te lees.
Drie leerders van Hoërskool Langenhoven het op Wêreld-hardopleesdag by Molenrivier Primêr gaan inloer om die kleintjies met voorlesing te help. Die driestuks is Mienke du Plessis, Cara Serfontein en Taurique Stemmet wat hier staan by Mandy Eksteen (agter regs), biblioteekassistent van Molenrivier.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'