STILBAAI NUUS - Tydens 'n glansgeleentheid Vrydagaand 16 Augustus is meneer en mejuffrou Melkhoutfontein Primêr 2024 aangewys.
Die drie beoordelaars, Shaun Doubell, Sharon Nomdo en Lavona Flores moes kopkrap en diep delf om seker te maak dat hulle die regte keuse maak uit die talle pragtige kinders.
Uiteindelik is Elmar van der Berg gekroon as Mnr Melkhoutfontein Primêr 2024 en Tiffany de Vos as Mej Melkhoutfontein Primêr 2024.
Die deelnemers het eers op die verhoog verskyn in slenterdrag, waarna dit gevolg is met swemdrag en die finale rondte was in formele drag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’