RIVERSDAL NUUS - Daar is groot bekommernis in Langstraat by die Barnard-huishouding oor hul kat wat al sedert verlede Donderdag, 31 Oktober, vermis word.
Milky is 'n Chinchilla en sy eienaar is Aletta Barnard. Sy bly in Langstraat oorkant die Ou Tronk en hulle is raadop oor Milky wat verdwyn het.
'n Beloning is betaalbaar vir die persoon wat Milky terugbesorg.
Aletta se kontakbesonderhede is 081 720 0739 indien enigiemand vir Milky gewaar het of weet waar die kat hom bevind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’