Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Raymond Saayman en sy stapmaat Phakama het Saterdag 7 September 'n staptog van ongeveer 45 km aangepak om geld vir sy sopkombuis en 'n Kersete vir kinders in te samel.
Die twee het 05:00 vanaf die Stilbaaipad vertrek en met die N2 langs Heidelberg toe gestap.
Toe die dag breek, het hulle al die lang, moeisame heuwels na Riversdal agter die rug gehad.
Saayman is 'n geharde stapper wat elke aand vir oefening lang ente stap. Phakama wat hom heelpad vergesel het, het eers met Heidelberg in sig begin kla van krampe. Sy het hom die vorige dag ontmoet en toe sy hoor van die staptog, daar en dan besluit om saam te stap.
Saayman is 'n besonderse man wat beplan om 'n Kersete vir sowat 60 kinders by sy huis aan te bied.
Die staptog was 'n poging om vir hierdie doel geld in te samel. Verskeie individue en sakeondernemings soos 'n groot winkel op die dorp en 'n radiostasie ondersteun hom. Hy is vol vertroue dat hy vanjaar baie meer kinderharte gaan bly maak.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'