STILBAAI NUUS - Stilbaai Polisie en die Buurtwag het Donderdag 21 Maart 'n baie lekker boeresport dag aangebied vir die kinders van Melkhoutfontein.
Volgens Beryl Prins, een van die organiseerders van die dag, is ou tradisies besig om uit te sterf en dit moet nooit gebeur nie.
Daar is behoorlik gespook en die kinders het gedruk en stoot om deel te neem.
Hulle het eier gegooi, kruiwastoot gedoen, sakresies en gehardloop met eiers op 'n lepel. Dominoes en potspel en dan die hoogtepunt van die dag was die toutrek tussen Stilbaai Polisie en die gemeenskap span.
Met 'n getalle oorwig kon die gemeenskap die eerste rondte wen, maar daarna het die polisie sterk teruggekom en die volgende twee rondtes gewen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’